54 beseer in kettingbotsing

Argieffoto

Een persoon is dood en 54 mense beseer nadat 16 voertuie Sondag in ‘n kettingbotsing naby Bronkhorstspruit in Gauteng betrokke was.

“’n Vragmotor en 14 motors het agterin ‘n ander vragmotor vasgery toe ‘n dik rookwolk van ‘n veldbrand Sondagmiddag oor die pad gewaai het,” het Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane nooddienste, gesê.

“Die voertuie het almal in die rigting van Pretoria gery toe die ongeluk plaasgevind het,” het Chris Botha, woordvoerder van ER24, gesê. “’n Man is in die ongeluk dood. ‘n Vrou wat ernstig beseer is, is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem.” Ander motoriste het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na hospitale geneem is.

Pieterse sê die brand het net na 14:00 nog steeds gewoed en brandbestryders was besig om dit te blus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

my kids het ok daai pad gery, dankie tog hulle het veilig by die huis gekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.