54-jarige binnekort in hof ná verkragting van baba

‘n 54-jarige man van Kaapstad se verhoor begin binnekort nadat hy glo ‘n vier maandeoue baba verkrag het.

Die Cape Argus berig die man se verhoor begin oor drie maande in die Parow-streekshof nadat hy sedert 20 Oktober 2012 in verband met die beweerde verkragting in aanhouding bly. Hy is nog nie gevra om te pleit nie.

Volgens die berig het die kind se ma haar op 19 Oktober in die man se sorg geplaas. Die baba was aan die slaap toe sy by die man afgelaai is. ‘n Ruk later het ‘n verkeersbeampte, wat in dieselfde kompleks as die verdagte bly, die baba se aanhoudende gehuilery gehoor en gaan ondersoek instel.

Die beampte het vir tien minute lank aan die huisdeur geklop voordat die verdagte oopgemaak het. Die verdagte het beweer hy het geslaap. Die baba was binne die huis, in ‘n kombers toegedraai. Die ma het later onraad vermoed toe sy die baba se doek omruil en bloed gesien het. Sy is na ‘n hospitaal geneem waar bevestig is dat sy verkrag is.

Die verdagte is kort na die voorval borgtog in die Bellville-landdroshof geweier. Sy verhoor begin op 4 Junie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.