55 beseer in busongeluk

 

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 55 mense is Woensdag beseer tydens ʼn busongeluk op die pad tussen Vryheid en Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.

Volgens Robert Mckenzie van die provinsie se mediese nooddienste, is 11 passasiers ernstig beseer en 44 het geringe beserings opgedoen. Die beseerdes is na hospitale in Dumbe en Vryheid geneem vir behandeling en waarneming. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.