57 renosters reeds vanjaar gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

57 renosters is reeds sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het Donderdag dié inligting bekend gemaak. Volgens Modise het die onlangse vloede in die Krugerwildtuin, digte plantegroei, twee weke se volmaan en aggressiewe invalle van Mosambiekvan die faktore wat bygedra het tot die groot toename in renosterstropery.

42 van die renosters is in die Krugerwildtuin gestroop, ses in Noordwes en ses in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo en een renoster in Mpumalanga. Modise sê 18 mense is reeds vanjaar in hegtenis geneem weens renosterstropery. “Elf van die arrestasies was in die Krugerwildtuin.”

Altesaam 668 renosters is verlede jaar in Suid-Afrika gestroop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.