58 kinders in Knysna-bus wat net 32 mag vervoer

Foto: ER24

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê hy sal ondersoek instel na hoekom ʼn bus wat slegs 32 passasiers mag vervoer, gebruik is om 58 skoolkinders te vervoer.

Veertien kinders is dood nadat die bestuurder vermoedelik beheer oor die bus verloor het en dit in ʼn dam naby Rheenendal in Knysna beland het. Die bestuurder van die bus is ook in die ongeluk dood terwyl 44 kinders beseer is. Die kinders was leerlinge aan Laerskool Rheenendal en was tussen die ouderdomme van sewe en 14 jaar oud. President Jacob Zuma het intussen sy skok uitgespreek oor die voorval. Hy sê die verlies van jong lewens is baie pynlik vir almal en dat die land saam met die oorledenes se families rou. Die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, Robin Carlisle, sê die tragedie kom net ʼn dag voor die herdenking van die Blackheath taxi-ongeluk verlede jaar waarin tien kinders dood is. Die taxi is deur ʼn trein getref nadat dit die spoorlyn probeer oorsteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.