5FM-aanbieder vas oor spoed

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Die omstrede 5FM-aanbieder en Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy vir spoed gevang is op die R21 in Pretoria.

Cliff het Woensdagoggend aan Talk radio 702 gesê dat hy ʼn paar minute agter tralies deurgebring het. Cliff sê hy was op pad huis toe na die verfilming van Idols in Durban. “Jy weet hoe dit is, jy wil net by die huis kom want jy is flou, en voor jy dit weet is daar blou ligte.” ʼn Woordvoerder van die verkeerspolisie, Busaphi Nxumalo, sê Cliff is in hegtenis geneem nadat hy teen 182 km/h betrap is in ʼn 120km/h sone op die R21 in Lyttelton. Cliff het vroeg Woensdagoggend op Twitter gesê gerugte oor sy inhegtenisneming is oordrewe. Hy sal na verwagting Woensdag in die Pretoria landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.