6-jarige deur rondloperhond aangeval

Argieffoto.

ʼn 6-jarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat sy Dinsdag deur ʼn rondloperhond aangeval is.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die voorval in die Ntuzuma-gebied in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Die hond het die dogtertjie aan die heup beetgekry, na die grond toe getrek en haar rondgeruk,” het Botha gesê.

Paramedici het die dogtertjie op die toneel gestabiliseer waarna sy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Dit is in die stadium nog nie bekend wat van die hond geword het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.