ʼn 6-jarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat sy Dinsdag deur ʼn rondloperhond aangeval is.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die voorval in die Ntuzuma-gebied in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Die hond het die dogtertjie aan die heup beetgekry, na die grond toe getrek en haar rondgeruk,” het Botha gesê.
Paramedici het die dogtertjie op die toneel gestabiliseer waarna sy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Dit is in die stadium nog nie bekend wat van die hond geword het nie.