6 motoriste hul selfone kwyt

Die polisie in Kaapstad het Donderdag minstens ses motoriste se selfone konfiskeer.

Verkeersbeamptes het die nuwe selfoonwet begin toepas. Indien ‘n motoris op sy selfoon praat of ‘n SMS stuur terwyl hy bestuur, sal sy selfoon vir 24 uur konfiskeer word. Hulle sal ook ‘n boete van R500 moet betaal, berig EWN.

‘n Geweldige verkeersknoop het in Nelson Mandela-rylaan ontstaan toe beamptes motoriste begin aftrek het. Een vrou in haar BMW het verward gelyk toe beamptes die boete begin uitskryf, maar sy het uiteindelik ingestem en haar SIM-kaart verwyder voordat sy haar selfoon oorhandig het. Sy kan Vrydag haar selfoon by die verkeersdepartement in Gallows Hill afhaal.

Raadslid JP Smith sê hulle sal ander munisipaliteite aanmoedig om die wet in werking te stel indien hulle dit suksesvol kan toepas. Owerhede glo dat dit tot ‘n afname in padongelukke sal lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.