60 000 verwag by Durban July

Dié uitrusting was in 2010 by die Durban July te sien

Meer as 60 000 mense sal na verwagting Saterdag die Vodacom Durban July in KwaZulu-Natal bywoon.

Durban se toerisme-owerhede verwag dat die skare reeds van Donderdag in die stad sal aankom. Die Durban July is jaarliks vir ‘n ekonomiese inspuiting van sowat R100 miljoen verantwoordelik, berig SowetanLive.

Phillip Sithole, hoof van toerisme in Durban sê dit is een van die stad se grootste geleenthede. “Meeste hotelle aan die kus is reeds vol bespreek en restaurante vaar gewoonlik baie goed gedurende dié tyd,” het hy gesê.

Die perderesies en modegeleentheid wat by die Greyville renbaan plaasvind, lok jaarliks talle toeriste.

Opspraakwekkende uitrustings kan ook jaarliks by die wedren gesien word. Die tema vir vanjaar is ‘Materiële wêreld’ en fokus op “groener” modes. Na verwagting sal eko-vriendelike en volhoubare materiale en metodes te sien wees. Modeontwerpers wat vanjaar genooi is, sluit André Martin, Brenda Quinn, Colleen Eitzen, David Tlale en Gideon in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.