60-jarige in Bloem vermoor

Orton Olivier wat op sy ma se liggaam afgekom het. Foto: Galoome Shopane / Central Media Group / OFM

Orton Olivier wat op sy ma se liggaam afgekom het. Foto: Galoome Shopane / Central Media Group / OFM

Susan Olivier (60) is Donderdag dood aangetref in haar meenthuis in Pellissier, Bloemfontein.

Kaptein Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê haar seun, Orton, het Donderdag omstreeks 08:00 op haar liggaam afgekom. Die voorval het in die Voorwaarts-meenthuiskompleks in Pellissier plaasgevind. “Haar liggaam is in ʼn droë plas bloed op die vloer in die gang aangetref,” het Marope gesê.

Volgens Marope is die motief vir haar moord nog nie bekend nie. “Die polisie vermoed dit mag verband hou met ʼn huisbraak, want die oorledene se handsak met waardevolle dokumente word vermis.” Olivier was Sondag omstreeks 15:00 vir die laaste keer gesien. Marope sê daar was geen teken van geforseerde toegang tot die huis nie, en die deure was nie gesluit nie.

Orton het aan OFM-nuus gesê dit is die eerste keer wat so iets in die kompleks plaasvind. “Dit is ʼn relatiewe veilige plek en daar het nog nooit inbrake hier voorgekom nie,” het Orton gesê. Hy het gaan ondersoek instel nadat vriende van sy ma haar sedert Woensdag nie in die hande kon kry nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Teen Vrydagoggend is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Ons mense moet nou besef,dat ons nerens in hierdie land veilig is nie.Ons moet maar in tronke bly,sodat die moordenaars vry kan beweeg.Hulle het mos al die regte..So jammer om te hoor van nog n moord.Wanneer gaan dit ophou.Sterkte aan die familie.Dit is tragies wat met ons bejaardes gebeur.En sy was maar nog 60.

A.W. ·

Ek stem 100% saam met Elize!!!! Sterkte aan die familie, dit is regtig tragies.

Amy ·

Sy is nie vermoor nie, sy is geslag. Ons bejaardes word geslag, nie vermoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.