60-jarige pa kry lewenslank vir verkragting van dogter

tronk 2ʼn 60-jarige man is deur die Pietermaritzburg-streekshof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy vir agt jaar lank sy tiener-stiefdogter verkrag het.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die meisie was 16 toe hy haar begin verkrag het. “Die verkragtings het begin toe sy een dag siek was. Die pa het toe aan haar gesê sy moet saam met hom slaap sodat hy haar kan genees,” het Naicker gesê.

Daarna het hy haar gereeld verkrag.

Volgens Naicker was die meisie te bang om dit aan enigiemand te vertel, omdat die man haar met die dood gedreig het. Sy het uiteindelik in 2011 die verkragting aangemeld.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het die swaar vonnis verwelkom. Ngobeni het gesê die vonnis gee hoop aan mense wat mishandel word en dat misdaad teen vroue en kinders ʼn prioriteit vir die polisie bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vas Vat ·

“Sies” hoop die gedrog word verkrag elke minuut van die dag.

Amy ·

Die absoluut afstootlik!!! Sy EIE kind!!! Sy EIE BLOED!!! Kastreer hom sommer in die tronk. Die lae lae lae stuk skuim van die aarde!!!

Anri ·

Ek dink dis sy stiefkind. Wat dit natuurlik nie beter maak nie, dis nog steeds afstootlik!

Aletta ·

Baie dankie vir jou comment Amy… Mense baie vinnig om te oordeel, maar weet nie hoe dit voel om in jou skoene te staan nie…

wragtig ·

Dis laag. Maar ek waarborg julle sy is net so skuldig. 16jaar oud en sy glo dit? Vertel dit vir die maan. En na 8jaar eers kla. Nee mense sy dink mense is almal onosel.

Aletta ·

Jy het DUIDELIK geen idee waaroor dit gaan nie… Het jy? Ek word 39jaar oud, ek worstel nou nog met die idee moet ek, of moet ek nie die 8 mans wat my herhaaldelik gemolesteer (wat my eie bloed pa en oupa (nou oorlede) insluit) en verkrag het van ouderdom 3 tot 12jaar???! Watse justisie gaan dit my nou bring, hoe gaan dit my beter laat voel. Ek het egter GEEN kontak met my ouers (geskei) omdat ek dit so kies. My eie ma het my op 12jarige ouderdom weg gejaag soos ‘n hond omdat ek haar man “verlei” het?! 12jaar oud toe? Rerig?! Prokureers het geweier om my saak verder te vat in 2007 omdat ek nie fyn details kon onthou nie! Maar dan gaan jy wil weet hoekom dan eers? Omdat ek van kleins af verkrag is, het ek aanvaar dat dit deel is van die lewe… Dit hoort so! Tot ek op die vroeë ouderdom van 18 getroud is (En nogsteeds is, amper 21 jaar later) aan die wonderlikste man wat die Here spesiaal vir my uitgesoek het. Maar dan kom ‘n mens by ‘n punt in jou lewe waar jy besef jy laat toe dat die verlede jou terughou en jou keer om gelukkig te wees. Ek het vergewe, maar het telkemale terugflitse en probeer nie daaroor tob nie. Ek gaan nie toelaat dat dit my oorheers nie. Die “Justice” sisteem het my ge “fail”. En daars nie veel wat ek nou daaraan kan doen nie. Jy weet nie hoe dit voel om daardeur te gaan en met die vrees dat mense soos jy, mense soos ek gaan “judge” nie. Trek uit jou regters pak, want dis NIE jou plek om mense soos ek en die meisie te oordeel nie. Die pa kry wat hom toekom, en ek bid dat die justisie sisteem daar vir my sal wees as ek die moed bymekaar geskraap het om dieselfde te doen!!!!

Amy ·

Aletta, wat met jou gebeur het, is baie baie erg, maar ek is dankbaar dat die Here vir jou ‘n goeie man gegee het. En jou ma het ook nie reg gemaak nie. Ek dink aan jou, want ek weet mens kom nooit oor so iets nie. Ek is net dankbaar jy het ‘n goeie man gekry. Sterkte. xxx

Somerset Morkel ·

Sit hom ver weg… Hy sal in die tronk betaal daarvoor en hy sal uitvind wat die ouens in die tronk maak met ‘n ou wat sy dogter verkrag. Dis glad nie lekker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.