60-jarige vrou glo deur boetebessie aangerand

Argieffoto

‘n 60-jarige vrou is glo deur ‘n vroulike Tshwane Metropolisiebeampte aangerand en vir twee dae lank in aanhouding gehou.

Sindiswa Hejana van Silverton, oos van Pretoria, sê die beampte en haar manlike kollegas het haar verlede Dinsdag, ná ‘n kerkdiens, aangerand, berig SowetanLIVE. Sy beweer die beampte het haar sonder rede aangerand.

“’n Man van Nigerië, ‘n lidmaat van ons kerk, het ‘n boete ontvang omdat hy verkeerd parkeer het, en hy het hulle gesmeek om hom nie te beboet nie,” het Hejana aan SowetanLIVE gesê. “Ek en my man het vir hom gesê hy moet net die boete aanvaar, en dit is toe die vroulike beampte vir my man gesê het ‘voetsek, ou man’. Ek het haar versoek om nie só met hom te praat nie, omdat hy bejaard is.”

Die vroulike beampte het toe glo haar humeur verloor en Hejana aangeval. Sy is na Pretoria sentraal-polisiestasie geneem waar sy glo verder aangerand is.

Sersant Ann Poortman, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat hulle ‘n saak van aanranding met die doel om ernstige leed aan te rig, ondersoek. Senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder vir die metropolisie, het gesê die beampte se gedrag, indien dit waar is, sal nie geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trudie ·

Daar word elke dag aanrandings deur polisie/verkeersbeamptes gedoen, daar word gesê daar gaan streng teenoor hulle opgetree word, maar boggerall word gedoen en die vuilgoed gaan maar net aan. Ek wens die dag wil aanbreek dat iets om iemand iets aan Zuma doen dat sy oë kan oopgaan, maar mnr lewe te lekker. Raak aan hom of sy familie en jy sal sien hoe vinnig reageer hy.

HELENA SEABORNE ·

hier by ons in middelburg is dit i gereelde gebeurtenis. sake maak help ok ni. daar kom net nooit niks van die. hulle misbruik hulle werk om aan te jaag. ek se le hulle voor en m@#r hulle in di hospitaal in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.