61-jarige vrou vas oor dagga

Argieffoto

ʼn 61-jarige vrou is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo dagga verkoop het.

“Die daga is in drie houers, wat met komberse toegedraai was, opgespoor,” het maj. Zamukulungisa Jozana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap gesê. Die dagga, wat sowat drie kilogram geweeg het, is in Mqanduli naby Mthata opgespoor.

Twee mans, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud, is in ʼn aparte voorval in dieselfde gebied aangekeer. “Hulle word aan verskeie huisbrake en diefstalle in die omgewing, wat sedert Januarie 2013 plaasgevind het, verbind.” Die drie sal Maandag in die Mqanduli-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joe New

Firstly, apologies for commented in English, Many rural families in South Africa, Swaziland and Lesotho depend on growing Dagga as a cash crop – it makes up a huge part of the GDP in Swaziland and pays for school feas, food and housing and sustains many families. In Lesotho, it is estimated to be the countries 3rd largest income source. That is why you are hearing about young people & Gogos getting arrested for Dagga. A study done by the Medical Research Council of South Africa indicates that Tobacco, Alcohol and Dagga are the top 3 used substances amongst youth… Lees meer »