Foto: Man sterf ná trok rol

Foto:ER24

Foto:ER24

ʼn Man is Maandag dood en nog een beseer, nadat die vragmotor waarmee hulle gery het op die R33 tussen Wartburg en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gerol het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 vanoggend plaasgevind. “Dit wil voorkom of die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het,” het sy gesê. Die voertuig het die pad verlaat en teen ʼn steil helling afgerol.

Die vragmotor het op sy dak tot stilstand gekom en die kajuit was ingeduik. “Paramedici kon daarin slaag om die beseerde passasier te behandel terwyl die brandweer lewenskake gebruik het om hom en die bestuurder uit die wrak te bevry.”

Die 22-jarige pasiënt is na die MediClinic in Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder is egter op die toneel dood verklaar.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.