64-jarige vrou vas vir moord

Argieffoto

Jason Rossouw (39) van Uitenhage in die Oos-Kaap is dood nadat ‘n 64-jarige vrou hom glo met ‘n mes in sy nek gesteek het.

Ao. Gerda Swart sê ‘n woordewisseling het tussen die vrou en Rossouw ontstaan toe hy kos in sy kombuis voorberei het. “Die vrou het glo ‘n mes gegryp en die slagoffer in sy nek gesteek.” Die vrou is kort daarna in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.