Ten minste 65 mense is reeds in tropiese storm Irina in Madagaskar oorlede, het weerowerhede Maandag gesê.
Volgens die nasionale buro vir natuurlike rampe (BNGRC) is drie mense ook vermis aangemeld, maar geen verdere besonderhede is verskaf nie. In Durban is verskeie strande gesluit toe branders ongeveer drie meter bereik het, het Thabo Mofokeng, woordvoerder vir die munisipaliteit gesê. Skepe is aangesê om in die hawe te bly. Irina is die tweede storm van sy soort dié seisoen. Sowat 35 mense is deur tropiese sikloon Giovanna gedood en talle beseer.