Nkandla-verslag: Mandonsela in spervuur

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het beskuldigings deur Stone Sizani, die ANC se hoofsweep, oor haar ondersoek na president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal as “ongegrond” verwerp.

Sizani het haar opmerking, dat sy nie weet aan wie sy die verslag moet oorhandig nie, bevraagteken. Lees meer hier.

Moloto Mothapo, Sizani se woordvoerder, het gesê Mandonsela se voorlopige verslag moet aan die parlement voorgelê word, aangesien Zuma en Madonsela voor die parlement aanspreeklik gehou word. Sizani beskuldig Madonsela dat sy dit wil laat blyk of Zuma en lede van die uitvoerende komitee hul aanspreeklikheid probeer ontduik.

“Dit is jammer dat sy deur haar opmerkings oor haar dilemma subtiel probeer het om seker te maak dat die publiek die president en sy uitvoerende komitee sal oordeel,” het Mothapo gesê. “Daar is geen twyfel nie dat die president se waardigheid onregverdig skade berokken is deur al hierdie afleidings in die media. Dit is nie voordelig vir regverdigheid en geregtigheid nie.”

Hy het ook beweer dat Madonsela nie die parlement genader het oor duidelikheid oor die kwessie nie. “Sy het ook nie die behoefte, dat daar wetgewende ingryping moet plaasvind, voorgestel nie.”

Oupa Segalwe, Madonsela se woordvoerder, het egter gesê die verklaring wat deur Sizani se kantoor uitgereik is, bevat “misleidende” opmerkings.

“Madonsela het vroeër aanbevelings gemaak aan die parlement dat daar  ʼn besluit geneem sal word waar verslae uit die kantoor van die Openbare Beskermer oor die etiek van die president, ingedien moet word ,” het Segalwe gesê. Sy het later ‘n voorlopige weergawe gekry van die gewysigde Wet op die Etiek van Uitvoerende Lede, wat sulke prosesse uiteensit, maar dit is nie duidelik hoe ver die proses gevorder het nie.”

Madonsela sal nou haar verslag aan Max Sisulu, die speaker van die Nasionale Vergadering, en ander betrokke partye oorhandig. ʼn Voorlopige verslag sal ingedien word om terugvoer te kry voordat die verslag finaal afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.