7 in hof oor kunstenaar se moord

Clinton de Menezes Foto: Facebook

Clinton de Menezes Foto: Facebook

Foto’s van De Menezes se kunswerke volg onderaan die berig. Sewe mense het Donderdag in die Pinetown-landdroshof verskyn in verband met die moord op die kunstenaar Clinton de Menezes.

“Die saak is tot volgende Donderdag uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

De Menezes is in die vroeë oggendure op Nuwejaarsdag tydens ʼn huisbraak in Durban doodgeskiet. Hy het by vriende in Berea-Wes gekuier. Hy het ʼn vriend gehelp om ʼn glasskuifdeur toe te maak om gewapende rowers te keer om in die huis te kom. Die aanvallers het ʼn enkele skoot deur die skuifdeur geskiet en De Menezes is noodlottig gewond. Die rowers het ʼn selfoon, skootrekenaar en handsak gebuit.

Sewe mense is kort daarna in hegtenis geneem nadat ʼn saak by die Westville-polisiestasie aanhangig gemaak is.

“Die polisie het beslag gelê op alle goedere wat uit die huis gesteel is. Die verdagtes het drie selfone en ʼn beursie by hulle gehad. ʼn 9mm-pistool, wat moontlik die moordwapen kan wees, en ʼn speelgoedgeweer is ook opgespoor,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die pistool sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in enige ander misdaad in die land gebruik is.

Die sewe persone, tussen 25 en 30 jaar oud, word glo ook aan minstens twee ander rooftogte in Westville die afgelope twee weke verbind.

De Menezes se kunswerke is deel van privaat en korporatiewe versamelings wêreldwyd.

Lees ook:
Argitek en kunstenaar op Nuwejaarsdag vermoor

Clinton de Menezes se kunswerk, World Map, in PWC se kantore Foto: clintondemenezes.blogspot.com

Clinton de Menezes se kunswerk, World Map, in PWC se kantore Foto: clintondemenezes.blogspot.com

Die kunswerk van nader beskou Foto: Clinton de Menezes, Facebook

Die kunswerk van nader beskou Foto: Clinton de Menezes, Facebook

Besonderhede van die kunswerk "White Field" deur Clinton de Menezes Foto: Facebook

Besonderhede van die kunswerk “White Field” deur Clinton de Menezes Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.