7 jaar tronkstraf vir verkragting

‘n 18-jarige man is sewe jaar tronkstraf opgelê in die streekshof in Pietermaritzburg vir die verkragting van ‘n 11-jarige dogter.

Volgens die slagoffer was sy omstreeks 06:00 die oggend saam met haar boeties en sussies aan die slaap toe ‘n klop aan die deur haar wakker gemaak het. Sy het oopgemaak en Khumbulani Khomo het haar glo in haar bed verkrag. Hy het na die voorval die huis verlaat. Volgens kaptain Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is ‘n saak by die polisiestasie in Mpumalanga ingedien en die ondersoek het voortgeduur. Khomo is die volgende dag in hegtenis geneem. Die Pinetown Gesinsgeweld-, Kinderbeskerming- en Seksuelemisdaad-eenheid (FCS) het die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nowell ·

Sewe jaar is te min dai meissie se lewe ht hy opgemors en hy kry Sewe jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.