Drie mense is dood en ses ander ernstig beseer na twee motors reg van voor gebots het naby Orkney in Noordwes.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Chris Botha, sê ʼn Isuzu-bakkie en ʼn Toyota Corolla het in die teenoorgestelde rigtings gery op die Bothaville-pad toe hulle Saterdagmiddag omstreeks 17:41 reg van voor gebots het. ʼn Sewejarige seun wat in die Isuzu gery het, is in die ongeluk dood. ʼn Paartjie wat in die Corolla gery het, is ook op die toneel dood verklaar. Drie kinders, onderskeidelik vier, ses en nege jaar oud is ernstig beseer. Drie volwassenes is ook ernstig beseer.