7-jarige in voertuig toegesluit

‘n 7-jarige seun was Saterdag in ‘n motor toegesluit in ‘n winkelsentrum in Pietermaritzburg, het paramedici gesê.

“Volgens ooggetuies was die seun in ‘n traumatiese toestand ná hy glo sonder volwasse toesig in ‘n motor toegesluit is,” het André Visser, woordvoerder vir ER24 gesê. “Toe paramedici opdaag het polisiebeamptes ‘n ruit gebreek en die seun uit die voertuig gehaal. Die seun is vir ontwatering behandel en na ‘n hospitaal geneem. Visser sê die voorval sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.