7 sterf in Vrystaat-ongeluk

Sewe mense is dood en 17 ander ernstig beseer nadat ʼn taxi Maandagaand kop-teen-kop met ʼn vragmotor gebots het.

Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk op die Steynsrus-pad buite Kroonstad in die Vrystaat plaasgevind.

Na wat verneem word, het ʼn nalatige bestuurder uit sy baan gedwaal en teen die ander voertuig vasgery.

“Met paramedici se aankoms was ses passasiers in die taxi ernstig beseer. Hulle het op die toneel aan hul beserings beswyk. Agtien passasiers is op die toneel behandel, gestabiliseer en per ambulans na die Boitumelo-staatshospitaal geneem. Nog ʼn man het kort daarna aan sy beserings beswyk,” het Wicks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.