7 sterf tydens beweerde straatren in Limpopo

Sewe mense is dood nadat twee motors glo resies gejaag het en een van die motors in ʼn groep mense ingeploeg het.

Die Sowetan berig dat die slagoffers Saterdag huis toe geloop het na ʼn sokkerwedstryd toe die voorval plaasgevind het. ʼn Toyota Yaris en VW Jetta het glo resies gejaag in Tshidzini buite Thohoyandou in Limopopo toe een van die bestuurders glo beheer verloor het en in die groep mans ingeploeg het. Sewe mans, tussen die ouderdomme van 35 en 40, is op die toneel dood. Vier ander mense, insluitend die bestuurder, is beseer. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die name van die slagoffers sal bekendgemaak word sodra hulle naasbestaandes van hulle afsterwe in kennis gestel is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.