70 000 aborsies in 2011

Meer as 70 000 aborsies is in 2011 in Suid-Afrika uitgevoer.

Die aantal aborsies het stadigaan sedert 2010 toegeneem, berig EWN. Die meeste aborsies is in die Vrystaat uitgevoer en 22 000 swangerskappe is in 2011 hier getermineer. Meer as 12 000 aborsies is in Noordwes uitgevoer. Ten minste 11 000 aborsies is by staatshospitale in Gauteng uitgevoer. In die Wes-Kaap het die aantal aborsies van 12 500 in 2010 tot net meer as 6 900 in 2011 afgeneem. Volgens die gesondheidsdepartement kan hulle nie die vroue se ouderdomme bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.