Minstens 70 mense is beseer nadat vleisetende visse hulle in ʼn rivier in Argentinië aangeval het. Sewe kinders het gedeeltes van hul vingers en tone verloor.
Frederico Cornier, direkteur van lewensredders, het Donderdag gesê duisende mense het Woensdag in die Parana-rivier in Rosario afgekoel. Sommige van die swemmers het oor bytmerke aan hul hande en voete begin kla.
Cornier het die aanval op die palometa, ʼn tipe piranha, blameer. Die palometa is ʼn groot vis met skerp tande wat maklik byt.
Alberto Manino, ʼn paramedikus, het gesê van die kinders wat hy behandel het, het vingers verloor. Hy het aan die Todo Noticias-kanaal gesê van die stad se strande is gesluit, maar dit was so warm dat mense binne ʼn halfuur weer begin swem het.
Sjoe, dis soos ‘n riller-fliek.