70-jarige vas oor moord

‘n 70-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Zeerust verskyn op aanklag van moord.

“Die man is Saterdag in hegtenis geneem ná die moord op Jean Rantsie (52), wie se gedeeltelik ontbinde liggaam onder ‘n brug opgespoor is,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Die verdagte is glo Rantsie se kêrel en hulle het glo gestry voordat die slagoffer verdwyn het.

Haar liggaam is Vrydag deur ‘n voetganger op die ou Koster-pad, naby Zeerust, opgespoor.

Rantsie is aangerand, met ‘n rots op haar kop geslaan, en moontlik verkrag voordat sy vermoor is. Sy is Woensdag weg by haar huis op Quariefontein-plaas en vir niemand gesê waarheen sy oppad is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.