70-jarige vrou vas vir moord

‘n 70-jarige vrou is oor die naweek buite Oos-Londen vir die moord op ‘n 45-jarige vrou in hegtenis geneem.

“Na bewering het die slagoffer na die ouer vrou se huis gegaan om geld, wat die verdagte haar glo geskuld het, te gaan haal. ‘n Argument het glo uitgebreek en die ouer vrou het haar met ‘n mes gesteek,” het kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Die slagoffer se liggaam is by Manqqukela-informele nedersetting, Mooiplaas, buite Oos-Londen, opgespoor. “Na bewering het die jonger vrou ‘n mes by haar gehad, maar die ouer vrou kon daarin slaag om die mes by haar af te neem en sy het toe die vrou in die bors gesteek.

Die verdagte sal Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.