71-jarige vermoor glo 60-jarige

‘n 60-jarige man is Saterdag tydens ‘n bakleiery met ‘n 71-jarige man in die Oos-Kaap vermoor.

Die bakleiery het glo omstreeks 17:00 tydens ‘n tradisionele seremonie naby Mhlalaha uitgebreek, het kaptein Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Dit is nog nie duidelik waaroor hulle baklei het nie, maar dit is teleurstellend dat twee ouer mense, wat deur voorbeeld moet lei, in ‘n misdaad betrokke was,” het Manatha gesê.
Die 71-jarige is van moord aangekla en sal Dinsdag in die landdroshof in Dutywa verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.