‘n 71-jarige vlieënier is dood toe sy vliegtuig Sondag in Brits, Noordwes neergestort het, het die polisie gesê.
Brigadier Thulani Ngubane het gesê die vlieënier het alleen in ‘n RV7-tweesitplek vliegtuig gevlieg toe hy ‘n mediese toestand ontwikkel het wat sy sig aangetas het.
“Hy het vier of vyf keer gepoog om die vliegtuig te land, maar was nie in staat om dit te doen nie. Hy het later oor die radio te kenne gegee dat hy alle sig verloor het. Sy radio het daarna nie weer gewerk nie.” Volgens Ngubane het ander vlieëniers die wrak naby die bopunt van ‘n berg, naby die Rashoopvliegveld opgespoor.
“Die vlieënier was reeds dood te hulle by hom kom. Sy naam is nog nie bekend nie omdat sy naasbestaandes nog nie van die voorval of sy dood ingelig is nie.