Die polisie in Limpopo is tans op soek na ‘n man wat glo ‘n 73-jarige vrou verkrag het.
“Die vrou was Dinsdagaand in haar huis in GaMolepo, Bethel, aan die slaap toe die man glo haar huis deur ‘n venster betree het,” het konstabel Moses Molepo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.
Molepo sê die vrou is verwurg voordat sy verkrag is. Die vrou is na ‘n plaaslike polisiestasie waar sy die saak aangemeld het. Sy is toe na die hospitaal in Mankweng geneem waar die verkragting bevestig is. Die vrou was glo alleen in die huis toe die misdaad plaasgevind het.
Die polisie is op soek na die man wat glo tussen 20 en 40 jaar oud is.
Kap af, KAP AF !