74-jarige Pietermaritzburg vrou aangeval, verkrag en beroof

ʼn 74-jarige vrou is in haar tuinwoonstel in Bisley, Pietermaritzburg, verkrag en beroof.

Kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan The Witness gesê die vrou is ook met ʼn skerp voorwerp gesteek.

“Die aanval het Saterdagoggend plaasgevind nadat die vrou gebad het. Sy was op pad na haar slaapkamer toe sy deur ʼn onbekende man aangeval is,” het Zwane gesê. Die man het glo toegang tot die huis bekom deur ʼn hek wat nie gesluit was nie.

“Die man het die vrou met ʼn skerp voorwerp in die kop gesteek. Hy het haar toe na ʼn kamer in die huis gesleep waar hy haar op die vloer verkrag het.” Die man het R450 uit die vrou se handsak gesteel asook haar selfoon en ʼn naaimasjien. ‘n Verdagte is Saterdagmiddag in die Willowfontein-omgewing in Plessislaer in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn.

Die vrou is in ʼn stabiele toestand in die St Anne’s-hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariska ·

Dis siek man!!!!!! MOET ons ten alle tye ons deure en vensters sluit sodat hulle nie in ONS huise moet kom nie??? Watse “lekker” kry hulle daar uit om ‘n tannie te verkrag??? Ek raak nou so moeg om te hoor van die gemors. Die doodstraf moet nou terug kom of iets moet drasties verander in die land maar mens kan nie meer so aangaan nie…ons kinders en ou mensies is nie meer veilig in ons eie huise nie. HOU OP EN LOS ONS MENSIES UIT!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.