76 St Fancisbaai huise verwoes

Die verwoestende vuur wat Sondag huise in St Francis vernietig het.

Die Kouga-munisipaliteit het Maandag bevestig dat altesaam 76 huise verwoes of beskadig is na Sondag se brand in St Francisbaai in die Oos-Kaap.

Maroela Media het vroeër berig dat brandbestryders vir ure lank geveg het om die verwoestende brand, wat deur ‘n sterk westelike wind aangehelp is, onder beheer te kry. Tien brandweerwaens het aanvanklik die brand probeer blus, en nog waens is later van die Nelson Mandelabaai- en Koukamma-munisipaliteite ontbied. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie maar dit het omstreeks 17:30 by Royal Wharf Developments, wat hoofsaaklik meenthuise is, ontstaan,” het Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die munisipaliteit gesê. EWN het egter intussen berig dat die brand glo weens ʼn braaivleisvuur ontstaan het. Die meeste van die huise in die area is vakansiehuise.

Volgens Randall is die munisipaliteit besig om die gebied op te ruim en sal die polisie se forensiese-eenheid die oorsaak van die brand bepaal.

Klik hier vir meer foto’s en ʼn video van die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.