768 kriminele sake teen polisie

Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, sê daar is sedert Januarie 2009 768 kriminele sake teen polisiebeamptes aanhangig gemaak.

Die klagtes sluit in 516 aanklagte van aanranding., 50 van moord, 94 verkragtingsake en 71 van seksuele aanranding. Mthetwa het die getalle bekendgemaak na ʼn vraag in die parlement. Hy sê die statistiek is skokkend om die minste te sê. Mthetwa sê enige polisiebeamptes wat skuldig bevind word aan enige van die aanklagte “verdien om in die tronk te verrot en die sleutel moet weggegooi word.” Hy sê polisiebeamptes moet eintlik erger gestraf word as gewone misdadigers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.