7de Laan gekap oor selfmoordtoneel

SABC 2 en die sepie 7de Laan is deur die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) skuldig bevind aan ʼn oortreding van die uitsaaikode nadat hul eksplisiete beeldmateriaal van ʼn selfmoordpoging uitgesaai het.

UKKSA het vier klagtes ontvang rakende die episode wat op 27 April uitgesaai is. Een van die klagtes lui: “Ek wil net my teleurstelling uitspreek oor die Vrydagaand episode van 7de Laan. Dit is veronderstel om ‘n gesinsprogram te wees en word in gesinskyktyd uitgesaai. Hoe kan hulle wys hoe iemand besig is om selfmoord te pleeg. Ek dink dit is sommer net uiters pateties.”

UKKSA het bevind dat die selfmoordpoging deur die karakter Herman Croucamp, vertolk deur Deon Coetzee, skadelik en onstellend was vir kinders en nie geskik was vir die spesifieke tydgleuf nie. Die tribunaal het verder bevind dat die dreigende selfmoord­optrede van die karakter inderdaad te herhalend en grafies was, die selfmoordhulplyn­nommer op die skerm aan die einde van die episode van min of g’n nut vir kinders was nie en dat die ouderdomsbeperking van 13 vir geweld onvoldoende was. SABC 2 het ʼn waarskuwing ontvang en is verder gewaarsku om versigtiger te wees met beeldmateriaal wat gedurende sekere tydgleuwe uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jackie ·

Alhoewel ek self ook kinders het wat groot geskrik het en met groot oge die TV aangegluur het, en ek nie geweet het of ek moet afsit of los nie, het ek tot ‘n besef gekom dat die vragies wat gevra was deur kinders na die vertolking (wat uiters goed gedoen was) van hierdie erfaring van depressie, van ongelooflike waarde is.

Die kinders wou weet hoekom, waarom en wat nou. Dit het ruimpte geskep vir ‘n gesprek wat andersins ongevraagd en ongegrond sou wees sonder enige voorbeeld om na te verwys. Hoe anders kan ‘n ouer werklik vir ‘n kind verduidelik wat depressie is en waartoe dit ‘n persoon kan dryf sonder ‘n voorbeeld – wat gelukkig vir ons en hulle – fiktief is. Om vir kinders te verduidelik om eerder te praat met iemand voordat hulle daardie punt bereik.

Hierdie is die hele idee van sepies. Dit moet ‘n les leer, en almal het geweet dat die lesse wat geleer sou word in die program daardie aand slegs voldoende sou wees vir 13 jariges wat effektiewelik vrae sou kon vra. Dit is die ouers se verantwoordelikheid om die gesprek te voer om die les ten bate hulle opvoeding te gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.