7de Laan in geskil gewikkel

Amor Tredoux, skrywer/aktrise, se geskil met die vervaardiger van 7de Laan, is die afgelope week deur ʼn private arbiter uitgestel.

Tredoux het onlangs ʼn rol in Binneland, ʼn sepie op M-Net, aanvaar. Danie Odendaal, die vervaardiger van 7de Laan, het egter gevoel dat dit ʼn belangebotsing sou meebring, omdat Tredoux deeltyds ʼn skrywer by 7de Laan is. Odendaal het gevolglik vir Tredoux die trekpas gegee.

Tredoux eis nou glo meer as R100 000 vir die uitstaande balans van haar skrywerskontrak, berig Rapport. ʼn Private arbiter, adv. Mark Antrobus, het Donderdag die saak aangehoor en dit uitgestel.

Odendaal beweer Tredoux sou van die storielyne van 7de Laan aan Binneland verklap en wou dus nie hê dat sy by beide sepies betrokke moet wees nie. “Amor was as skrywer gesigloos by 7de Laan. Haar vertolking van ʼn rol in Binneland sou geen skade vir 7de Laan inhou nie,” het die akteur Hans Strydom glo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.