7de Laan jammer oor Engelse advertensie

Die vervaardigers van die sepie 7de Laan het Afrikaanse kykers om verskoning gevra nadat hulle ʼn Engelse advertensie uitgesaai het ter viering van die sepie se sukses by die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA).

Channel24 berig dat ʼn storm losgebars het nadat ʼn Engelse advertensie uitgesaai is waarin 7de Laan sy kykers bedank nadat die program as Beste Sepie aangewys is by die SAFTA’s. Danie Odendaal Produksies, wat die sepie vir SABC2 vervaardig, het in ʼn verklaring om verskoning gevra aan kykers. “Danie Odendaal Produksies verstaan ten volle waarom Afrikaanse kykers ontsteld is en wil kykers verseker dat 7de Laan steeds ‘n eg-Suid-Afrikaanse, Afrikaanse sepie bly,” het die vervaardigers in ‘n verklaring gesê wat Vrydag uitgereik is. “7de Laan het ‘n baie diverse gehoor en soveel as 43% van ons kykers praat nie Afrikaans nie…”

Lees meer hier.

Die SAFTA’s is op 16 Maart tydens ‘n glansgeleentheid by Gallagher Estate in Midrand, Johannesburg, uitgedeel. Henry Mylne het ‘n nominasie ontvang as beste regisseur vir ‘n TV-sepie vir sy werk in 7de Laan. Die skryfspan van 7de Laan het ook ‘n nominasie ontvang. 7de Laan het uiteindelik met die beste sepie-toekenning weggestap. Dié toekenning is deur die publiek aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anniekie ·

Waarvoor vra 7de Laan omverskoning vir ‘n Engelse advertensie terwyl daar in elk geval feitlik meer Engels en soms ‘n swart taal in gepraat word as Afrikaans? 7de Laan is in alle opsigte lankal nie meer eg Afrikaans nie. Daar is nie een enkele Engelse sepie waarin daar meer Afrikaans in gepraat word as Engels nie – die Afrikaanse woorde wat so as troosprysie tussenin laat val word, is nie eens noemenswaardig nie.
7de Laan kan maar netsowel sy naam verander na “Seventh Avenue”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.