7de Laan, krieket op ander kanale uitgesaai

298_7de_laan_2ʼn Paar van die gereelde programme op SABC2 se tydgleuwe is geskuif om voorsiening te maak vir die bykomende dekking ná oud-president Nelson Mandela se afsterwe.

“Ons moes dié verandering aanbring om steeds voortdurende dekking oor Mandela te kan bied aan miljoene kykers landswyd,” het Zandile Nkonyeni, woordvoerder van die SAUK, gesê. “Ons kykers kan steeds hul gunstelingprogramme op ons susterstasies kyk en ons sal ʼn aankondiging maak sodra alles weer terugkeer na normaal,” het sy gesê.

7de Laan en Isidingo word vir die res van die week op SABC3 uitgesaai onderskeidelik om 18:30 en 19:30.

Generations en Muvhango word vir die res van die week op SABC1 uitgesaai onderskeidelik om 20:00 en 20:30.

SABC1 sal Woensdag om 21:00 ʼn spesiale uurlange uitsending hê van Khumul’Ekhaya.

Die derde een dag internasionale krieketwedstryd tussen die Proteas en Indië sal Woensdag vanaf 13:00 regstreeks op SABC3 uitgesaai word.

ʼn Spesiale episode van Top Billing word Donderdagaand om 21:30 op SABC3 uitgesaai, wat ʼn huldeblyk sal wees aan Mandela.

Nkonyeni sê die besonderhede van die uitsending van Mandela se begrafnis Sondag moet nog gefinaliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize Mans ·

Dankie Maroela Media,dat ons nou kennis kry,want niemand het geweet wat aangaan op TV2 nie.
Die SAUK het nie sy kykers in kennis gestel nie.Ons moet seker nou geruik het,dat hulle die programme na n ander kanaal skuif.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.