Sowat 8 000 volstruise moet in die Wes-Kaap van kant gemaak word ná die uitbreek van ‘n voëlgriep-epidemie in dié gebied.
Die Cape Times het Donderdag berig volstruise wat met die virus besmet is, is op ʼn plaas naby Albertinia en twee ander plase naby Heidelberg gevind.
Alle voëls wat op besmette plase gevind word, moet van kant gemaak word. Dit vorm deel van die regering se plan en pogings om die virus uit te roei sodat die land se uitvoerstatus heringestel kan word. Die Europese Unie het sedert April verlede jaar alle volstruisvleis uitvoerbedrywighede verbied ná voëlgriep in Suid-Afrika uitgebreek het.