8-jarige in Limpopo doodgery

ʼn Agtjarige meisie is dood nadat sy Sondagmiddag in Limpopo raakgery is.

Konst. Moses Molepo, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die meisie, Dorcus Seemela, was op pad na haar huis toe, toe sy omstreeks 15:00 deur ʼn minibustaxi raakgery is.

“Die meisie het die R71-pad in Mankweng oorgesteek toe die ongeluk plaasgevind het,” het Molepo gesê.

Die polisie doen ʼn beroep op ouers om hul kinders by te staan as hulle ʼn besige straat wil oorsteek. Die polisie doen ook ʼn beroep op motoriste om die spoedgrens te gehoorsaam.

Die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek die ongeluk en sal besluit of die taxibestuurder vir nalatige bestuur vervolg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.