8-jarige seun trou met sy tannie in PTA

Foto: LookLocal Pretoria East

ʼn Berig van ʼn 8-jarige seun van Pretoria wat met sy ouer tannie getrou het, het Maandag groot opskudding veroorsaak toe internasionale mediahuise daaroor berig het.

Die troue, wat reeds op 16 Februarie in Mamelodi in die ooste van Pretoria gehou is, is gehou om die jong bruidegom se voorvaders “gelukkig te hou”.

Look Local Pretoria East het destyds berig die 8-jarige seun, Sanele Masilela, het R7 000-lobola betaal om met sy tannie, Helen Chabangu (50), te trou.

Omtrent honderd gaste, waaronder die bruid en die bruidegom se families, is na die troue genooi.

Die troue is slegs gedoen as ritueel om seker te maak die familie kry hul voorvaders se seëninge. Die troue is egter nie wettig geregistreer nie en die “egpaar” woon nie saam nie. Albei die families, selfs die bruid se man en haar vyf kinders, het die ritueel gerespekteer en gesê hulle het nie ‘n probleem dat hul ma met ʼn kind getrou het nie. Die troue het sowat R15 000 gekos.

Bron: LookLocal Pretoria East. Lees die volle storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Voorvadergeeste? Regtig? Dis siek. Het hulle ‘n “Westerse”ritueel gebruik? Dis dan nog baie erger.

louise ·

Hoekom hou hulle die voorvaders gelukkig, hulle tradisie maar trou soos ons westerlinge! Hierdie wêreld waarin ons bly! Dit kan nie slegter nie!

magda ·

goeie genade, die R7000 lobola en 15 000 vir troue kon weer ‘n paar honger magies gevoed het of gebruik word vir die naderende winter en nie!!!!! ‘n spul volwassenes entertain wat nie weet wat om met hulself aan te vang nie!!!!

Francois ·

hehe hul bulshit hul voorvaders of hul voorvaders lekker dom hehehe hierie land is n grap

Yvonne ·

Ten minste is hierdie kind nie gebruik vir muti nie, maar my liewe land, watter emosionele skade doen hulle nie die kind aan nie? Nie eens te praat van die siek en verdraaide morele waardes wat al 100 gaste in gemeen het nie.

Bea Avemaria ·

Watse soort mense is dit wat toellaat dat ‘n kind trou? Sou nou gedink het iewers sou iemand ‘n stokkie voor gesteek het! Stem saam met jou Francois…die land is ‘n grap! Onkultifeert nog bygelas.

venus ·

Ja jong wat kan ons se, as die voorvaders net regtig kon sien het.huh nuwe suid afrika

Sannie ·

Wat het geword van kinder molestering of word dit nie inaggeneem in die geval nie. Waar gaan al die korrupsie in die land eindig. Dis net soos met die kinders wat swanger raak en kan besluit of hul die kinders wil hou. Dis belaglik! Die kinders kan nog nie eers vir hulself sorg nie. Ek blameer ook die ouers as dit gebeur want dan word die kinders nie reg opgevoed nie, waar is dissipline!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.