8-jarige verdrink in die Oos-Kaap

Die liggaam van ‘n 8-jarige seun is Vrydag op ‘n plaas in die Oos-Kaap opgespoor nadat hy vermoedelik verdrink het.

“Aphelele Majoka en sy twee vriende was Dinsdagoggend op pad huis toe van Kirkwood af en het langs ‘n waterkanaal geloop,” het ao Gerda Swart, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Majoka het by die Sun Ad-plaas in die water geval en is deur die water meegesleur. Sy vriende het hulp gaan soek. Polisieduikers is in kennis gestel en hulle het sedert Dinsdag na hom gesoek. Sy liggaam is Vrydagoggend sowat 9.5km verder deur die honde-eenheid opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.