8 renosterkarkasse in Krugerpark opgespoor

Foto: www.rhinoconservation.org

Agt karkasse van renosters is in die Kruger Nasionale Park opgespoor, het SA Nasionale Parke Woensdag gesê.

“Patrollies het Dinsdag op agt renosterkarkasse afgekom. Drie karkasse is naby Pretoriuskop gekry en vyf in die laer Sabi-deel,” het woordvoerder Reynold Thakhuli gesê. Volgens Thakhuli was al die karkasse volwasse diere wat geskiet en waarvan die horings verwyder is. “ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en daar is reeds ʼn paar leidrade waaraan hulle werk,” het Thakhuli gesê. Sowat 443 renosters is verlede jaar vir hul horings doodgemaak en 333 in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.