80-jarige ouma verkrag

ʼn 80-jarige vrou is in haar huis in Esigodini, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkrag.

“Die vrou het Maandag in haar slaapkamer gerus toe ʼn 18-jarige buurman haar glo verkrag het,” het lt. Joey Jeevan, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy en die vrou se kleinseun het glo televisie sit en kyk, maar hy het verdwyn toe die 15-jarige kleinseun gaan tee maak het. “Die kleinseun het na bewering toe na sy ouma se slaapkamer gegaan en die buurman betrap. Hy het hulp ontbied.”

Bure het die jong man glo aangerand.

“Tydens die aanranding het die verdagte genoem dat hy en die kleinseun die ouma vantevore saam verkrag het,” het Jeevan bygevoeg. Beide is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Die jeugdige is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand by ʼn plaaslike hospitaal.

Die vrou ontvang berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.