80 reptiele in klein woonstelletjie aangehou

Foto: newsonjapan.com

Foto: newsonjapan.com

Die polisie in Japan het 80 reptiele, waaronder giftige akkedisse en ʼn 3m lange slang in ʼn eenslaapkamerwoonstel opgespoor.

ʼn Angsbevange buurman het die polisie ontbied nadat hy ʼn reuse slang buite die woonstel in Osaka opgemerk het. “Die polisie het dosyne slange, insluitend ʼn 3m-lange luislang, en ʼn aantal akkedisse in die woonstel aangetref,” het ʼn woordvoerder van die polisie gesê. “Al die reptiele is in individuele houers in die 10 vierkante meter woonstel aangehou.

Die polisie het beslag gelê op 25 van die reptiele, wat sonder ʼn permit aangehou is.

Die eienaar, ʼn man in sy 40s, is nie in hegtenis geneem nie, maar die saak is na die staatsaanklaer se kantoor verwys op die vermoede dat hy die wet op die welstand en beheer van diere oortree het. “Die man het gesê hy het hulle as troeteldiere aangehou en hulle dinge soos gevriesde muise gevoer. Ons sal ook ondersoek instel waar hy aan die reptiele gekom het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.