800 kinders in kinderhuise

Albert Fritz, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap het Maandag gesȇ hy is besorg oor die toenemde getal kinders wat in kinderhuise geplaas moet word.

Tussen Januarie en Meimaand is sowat 800 kinders uit hul ouers se sorg verwyder. “Iets is baie verkeerd met die manier waaop ons met gesins-, huishoudelike-, en seksuele geweld in gemeenskappe omgaan,” het Fritz gesȇ, berig EWN. Niresh Ramklaas, woordvoerder van Kaapstad se kinderwelsyn sȇ talle kinders word tydelik in sorg geplaas tot die situasie by die huis verbeter het. “Die vlakke van verwerping, mishandeling en verwaarlosing neem toe. Kragtens die Kinderwet moet ons kinders beskerm. Die kinderhof moet besluite in die belang van die kinders neem,” het Ramklaas gesȇ.

Intussen beleef die provinsie ook hoë vlakke van kinders wat net op ‘n plek gelos word. ‘n Pasgebore babatjie is onlangs in ‘n puttoilet in George opgespoor. Die polisie is steeds op soek na sy ouers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mel ·

Ons bly in die Wes-Kaap. Waar kan mens uitvind hoe om te help? Is daar genoeg huise beskikbaar om die kinders in pleegsorg te plaas? Dis so tragies. Kinders is nie veronderstel om swaar te kry nie.

Liezelle ·

My ouers is inbly ouers en het tans Kaap toe verhuis, my ma soek werk as n in bly ouer as julle van enige poste hoor wat oop gaan email asb bogenoemde adres.

Groete
Liezelle

michele ·

Ons wil graag betrokke raak ons is opgelei as veiligheids ouers in Strand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.