82 verkragting-beskuldigdes vas in Limpopo

crime-scene-tape-320x191ʼn Totaal van 82 mense wat van verkragting beskuldig word, is die afgelope drie weke in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigdes is gedurende die bewusmakingsveldtog van 16 dae van aktivisme teen vroue- en kindermishandeling in hegtenis geneem. Hy sê ʼn verdere 11 verdagtes is vir kinderverwaarlosing in hegtenis geneem. Mulaudzi sê die polisie soek steeds na ʼn verdere 42 verdagtes wat ook van verkragting beskuldig word. Lt.genl. Fannie Masemola, hoof van die polisie in Limpopo, sê die arrestasies is ʼn duidelike aanduiding dat die polisie die provinsie veiliger maak vir vroue en kinders. “Ek het opdrag gegee dat alle eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe wat verkragtingsake hanteer onsimpatiek moet wees wanneer hulle met verkragters te doen het.” Masemola het potensiële verkragters gewaarsku dat die polisie sal verseker dat die maksimum vonnis opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.