84-jarige huur glo moordenaar vir staatsaanklaer

Dorothy Canfield

Dorothy Canfield, ‘n 84-jarige vrou wat op aanklag van diefstal in aanhouding is, het glo ‘n huurmoordenaar bekom om die staatsaanklaer wat haar saak hanteer te vermoor, en sy baas te vermink.

Brett Ligon, hoofstaatsaanklaer van Montgomery-distrik in Houston in Texas, Amerika, het gesê Canfield wou hom glo aanval en sy assistent staatsaanklaer, Rob Freyer, vermoor. Nie een van die mans is in die beweerde sameswering, wat vroeg in April aan die lig gekom het, beseer nie.

Canfield wou glo gehad het dat die aanval moet lyk soos die onlangse onverklaarde moorde op twee ander aanklaers van Texas, Mike McLelland en Mark Hasse. McLelland en sy vrou is op 30 Maart dood aangetref in hul huis, sowat twee maande ná Hasse buite ‘n plaaslike hof doodgeskiet is. “Sy wou op ‘n gewelddadige manier kapitaliseer op die tragiese moord van dié drie mense om die vervolging van haar diefstalklag te onderbreek,” het Ligon bygevoeg.

Canfield staar aanklagte van die uitlokking van moord, en aanhitsing tot die gewelddadige van ‘n staatsamptenaar in die gesig. Owerhede voer aan Canfield het ander mense oor haar planne om Freyer te vermoor en Ligon aan te val, ingelig. Canfield was Maandag in aanhouding in Conroe, Houston, op ‘n aanklag van diefstal wat bewerings insluit dat sy haarself as ‘n immigrasie-prokureur voorgedoen het om geld by niksvermoedende kliënte te bekom. “Sy is nie ‘n prokureur nie,” het Ligon gesê. Borg is op $500 000 vasgestel in die diefstal-klag. Haar prokureur in dié saak het nie reageer op telefoonoproepe nie.

Hofdokumente toon dat verskeie diefstal- en vervalsingsklagtes al teen Canfield gelê is. Sommige dateer uit 1993.

Ligon het by ‘n perskonferensie ‘n opname gespeel van ‘n vergadering op 8 April tussen Canfield en ‘n polisiebeampte wat homself as ‘n huurmoordenaar voorgedoen het. In die opname versoek Canfield dat die moord en verminking so gou as moontlik afgehandel moet word, en dat die huurmoordenaar dit “goed moet laat lyk”.

Canfield sou glo $5 000 betaal vir die moord op Freyer en $2 500 vir die aanval op Ligon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.