855 sterf op SA-paaie

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens 855 mense het reeds sedert die begin van Desember in 700 noodlottige ongelukke op Suid-Afrika se paaie gesterf, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) Dinsdag gesê.

Altesaam 148 ongelukke het reeds in Gauteng plaasgevind, 138 in KwaZulu-Natal, 99 in die Oos-Kaap, 77 in Mpumalanga en 64 in die Vrystaat. Daar was 59 ongelukke in Limpopo, 57 in die Wes-Kaap, 50 in Noordwes en 25 in die Noord-Kaap.

Die RTMC skryf die ongelukke hoofsaaklik toe aan motoriste wat ander motors onder gevaarlike omstandighede verbysteek, spoedoortredings en bestuur onder die invloed van alkohol.

Altesaam 14 mense het op 1 Desember op die N12, sowat 20 km van Klerksdorp in die rigting van Wolmaransstad omgekom.

Nege mense is op 6 Desember dood op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal in Limpopo. Sewe mense is op 12 Desember dood op die N2 in Rhebokfontein, naby Pongola in KwaZulu-Natal.

Sewe mense het op 13 Desember op die N1 tussen Laingsburg en Kaapstad gesterf.

ʼn Motoris is in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy 200 km/h in ʼn 120km/h-sone gery het. Die motoris moet binnekort in die Grootvlei-landdroshof verskyn.

ʼn Motoris is vrygelaat op borgtog van R2 000 nadat hy in Limpopo teen 171 km/h in ʼn 120 km/h-sone gejaag het.

ʼn Motoris is in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy teen 219 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het. Die motoris is vrygelaat op borgtog van R2 000.

Altesaam 20 mense is reeds vir spoedoortredings in die Vrystaat in hegtenis geneem sedert die begin van Desember.

Dertig mense is vir dronkbestuur in Limpopo aangekeer en 14 in Noordwes.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Die mens sal NOOIT leer nie. Kerstyd veral is ‘n tyd van saam wees met familie en geliefdes.

Spoed, drank, ongeduld en geen respek vir mede padgebruikers en onpadwaardige voertuie !

Eksenet ·

Dis net vir my snaaks dat RMTC volgens die berig, dat 200 en 217 km/h gery, maar 171 km/h gejaag word????? 60 km/h is dan seker “Low Flying” en 300 km/h “Kruip” ……………Ek wonder maar net???????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.