90-jarige kritiek ná huisbraak

crime-scene-tape-320x214ʼn 90-jarige vrou veg vir haar lewe in die hospitaal nadat sy Woensdagoggend by haar huis in Oslo Beach, KwaZulu-Natal, aangerand en beroof is.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die vrou se huis is geplunder en dat die Port Shepstone-polisie tans ʼn saak van huisbraak ondersoek. Volgens Zwane is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ondersoek die polisie nog die voorval.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bejaarde vrou was bewusteloos toe paramedici by die toneel opgedaag het en sy het verskeie beserings opgedoen. “Sy is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stoere Boer

Wonder waar is al die liberales wat so gal braak wanneer iets oor die barbare gesê word. Kan jou wed hulle was nog meer as een ook want sy is net 90 jaar oud.

martie van graan

Sterkte vir die tannie, dit is so onnodig.

Willy

Die braaksels rand nie net aan nie hulle verkrag en vermoor mense van daardie ouderdom ook. En dan in hordes sak hulle toe. Ek haat hulle!
Ek kan maar net hoop op beterskap.
Ek hoop daardie gemors vrek! Geen reg op lewe nie.

vuurvreter

Ek stem. Groter gemors kry jy nerens. Hulle is geen mens e nie hulle is braaksels.

Trippie

Ek sweer ek kan nie verstaan hoe kan so-iets teen ‘n 90-jarige weerlose mens gedoen word nie – EK KAN MY KOP STUKKEND KAP TEEN MY TAFEL – MAAR EK VERSTAAN DIT NIE !!!!!!!!!!!

***

Maklik om te sê vat dan wat jy wil vat, maar moet my net nie leed aandoen nie – in ‘n mate waar, MAAR WAAROM MOET ONS DANKIE Sê ons is nie verkrag of vermoor nie ?!?!?!
Dis my reg om veilig te voel, waar ek myself ookal bevind.

‘n Honger mens sal kos vra – NIE beseer en martel en vir dood agterlaat.